23 dood in Pakistan-aanval
2012-01-25 19:55
Peshawar – Ses soldate van Pakistan en 17 Taliban-militante is dood in 'n aanval wat naby aan die grens met Afganistan gebeur het, het beamptes Woensdag gesê.
Minstens 50 Taliban-vegters het laat Dinsdag troepe wat van Pakistan afkomstig is aangeval.
"Ses soldate is dood en vier is in die aanval beseer. Die troepe het teruggeveg en 17 militante doodgemaak," het Sher Bahadar Khan, 'n plaaslike regeringsbeampte in Kurram, aan die nuusagentskap AFP gesê.
'n Senior beampte van Pakistan het die aanval en steftesyfer bevestig en gesê die troepe het beheer oor die area oorgeneem.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP