21 sterf in mynontploffing
2010-10-16 19:08
Sjanghai - Minstens 21 mynwerkers is dood en 16 vasgekeer ná 'n ontploffing by 'n myn in die Henan-provinsie, het die staatsmedia berig.
Die ongeluk het omstreeks 00:00 Saterdagoggend plaasgevind en reddingsoperasies is aan die gang.
Reddingswerkers het die 16 mynwerkers opgespoor, maar moet tonne steenkoolas uit die pad kry, voor hulle gered kan word, berig die Xinhua-nuusagentskap.
Dit is nie duidelik of die mynwerkers lewe of hoe ver onder die grond hulle vasgekeer is nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters