200 Ontruim weens brand
2011-05-26 20:40
Palma de Majorca – Sowat 200 mense moes hul huise ontruim nadat ‘n brand sowat 1 500 hektaar dennewoud op die Spaanse eiland Ibiza verwoes het.
Die brand, die grootste wat nog ooit in Ibiza
aangeteken is, is besig om in Serra de Morna te versprei.
Daar is nog geen beserings of skade aan
eiendom gerapporteer nie, het ‘n bron gesê.
‘n Man (51) is in hegtenis geneem op aanklagte
daarvan dat hy per ongeluk die vuur begin het toe hy heuning uit ‘n heuningkorf gehaal
het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA