20 trougaste sterf in ongeluk
2010-06-09 11:19
Patna – Minstens 20 mense is dood en 15 ander is in 'n kritieke toestand nadat ‘n minibus in die ooste van Indië verongeluk het.
Die bussie het glo teen ‘n boom gebots en toe in ‘n sloot geval.
Volgens Binod Kumar, ‘n polisiebeampte, het die voorval Woensdag in Jharkhand plaasgevind.
"Aanvanklike ondersoeke toon dat die bestuurder waarskynlik aan die slaap geraak het," sê hy.
Volgens Kumar is al 40 die passasiers trougaste maar die bruid en bruidegom het in ‘n ander voertuig gereis.
Die ander passasiers het ligte beserings opgedoen.
- SAPA