20 sterf in Turkse lugaanvalle
2011-12-29 15:37
Ankara – Aanvalle deur Turkse vegvliegtuie het minstens 20 lewens op die grens van Irak geëis.
Die lugaanvalle was skynbaar gemik op Koerdiese guerrillavegters
wat die grens na Turkye probeer oorsteek het.
Plaaslike
inwoners het egter aan die Dogan-nuusagentskap gesê dat die slagoffers
smokkelaars was wat donkies gelaai met kanne vol diesel oor die grens wou neem.
Die goewerneur van die Sirnak-provinsie sê
meer as 20 mense is in die aanvalle, wat naby Uludere, ‘n Turkse dorp,
plaasgevind het, dood.
Die lugaanval is geloods nadat robotvliegtuie ‘n
groot groep mense aan die Irakese sy van die grens opgemerk het.
Volg Nuus24 op Twitter.