20 sterf in Costa Rica-modderstorting
2010-11-05 04:20
San Jose – Minstens 20 mense is dood en 12 vermis nadat ‘n reuse-modderstorting wat deur swaar reën veroorsaak is Donderdag in die hoofstad van Costa Rica verwoesting gesaai het, het reddingsbeamptes gesê.
‘n Golf van modder het teen die Pico Blanco-heuwel afgespoel en in sowat 30 huise in San Antonio de Escazu vasgespoel.
“Hulle sê daar is 20 mense dood,” het Reinaldo Carballo, woordvoerder vir CNE, die Nasionale Kommissie vir noodgevalle, gesê.
Reddingswerkers was op soek na 12 mense wat nog vermis was.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP