20 Beseer toe trein in Duitsland ontspoor
2011-09-20 23:14
Berlyn – Meer as 20 mense is beseer toe ‘n trein sowat 200 km suid van Berlyn teen ‘n voertuig vasgery en ontspoor het.
Daar was sowat 70 passasiers aan boord die
trein, wat in Bad Lausick, sowat 200 km suid van Berlyn, in die ongeluk betrokke was.
Een van die treinwaens het in ‘n veld langs
die treinspoor beland toe drie van die vier treinwaens ontspoor het.
Volgens die polisie het ‘n bussie die motor tot
op die treinspoor gestamp, waarna die trein in die motor vasgery het.
Die bestuurder van die motor het daarin
geslaag om voor die impak uit die motor te ontsnap.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP