20 Beseer in gas-ontploffings
2010-01-27 10:46
Brussels - Sowat 20 mense, waarvan sommige ernstig, is tydens twee ontploffings in die Belgiese stad van Liege beseer. Die oorsaak was waarskynlik gaslekkasies.
Die ontploffings het in die vroeë oggendure in Belga, ‘n historiese gedeelte van die stad, plaasgevind.
Albei geboue bestaan uit omtrent 10 woonstelle.
Een van die geboue het kort na die ontploffing meegegee en twee mense is waarskynlik nog onder die puin vasgekeer.
Die ontploffing het die hele gebied geruk en talle huise se vensters het gebreek.
Die stadsaal se vensters is ook stukkend geblaas.
- Sapa