2 pleeg selfmoord na hul op web ontmoet
2010-09-24 00:17
Londen – Twee vreemdelinge het hulself in ‘n motor vergas, ure nadat hulle op ‘n selfmoord-webblad ontmoet het, berig IOL News.
Joanne Lee, wat onder die skuilnaam ‘Heaven’s Little Girl’ op die webblad was, het gepleit vir iemand wat bereid is om saam met haar te sterf.
“Ek het nie krag om dit alleen te doen nie,” het die 34-jarige op die webblad gesê.
“Ek het al die bestanddele en wil dit so gou as moontlik doen."
Steve Lumb (35) was ‘n paar uur later by haar, gereed om ook selfmoord te pleeg.
Hulle lyke is in Lumb se kar in ‘n industriële gebied bevind.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.