2 000 glo by moskees in Pakistan aangehou
2010-05-28 12:29
Lahore – Gewapende mans het Vrydag twee moskees wat aan die Islamitiese sekte behoort met granate aangeval, het die polisie gesê.
Volgens televisieberigte is sowat 1 500 tot 2000 Moslems wat in die moskee besig was om te bid, gyselaar geneem.
Die aanvalle was op die Ahmadi-groep gerig, wat al in die verlede deur die Sunni-sekte geteiken is.
Die moskees is enkele kilometers vanaf mekaar geleë, het Haider Ashraf, ‘n polisiebeampte gesê.
Beamptes buite die moskee was in ‘n skietgeveg met die aanvallers betrokke.
Die Ahmadi’s noem hulself Moslems, maar hulle glo die profeet Mohammed was nie die laaste profeet nie.
Die regering het hulle ‘n nie-Moslem minderheidsgroep verklaar. Hulle word verbied om hulself Moslems te noem of om die geloof uit te oefen.
- AP
Volg Nuus24 op Twitter.