19 sterf in bomaanval in Pakistan
2010-09-06 12:48
Peshawar, Pakistan - Die polisie sê 'n selfmoordbomaanval op 'n polisiekantoor in die noordweste van Pakistan het die lewens wat 19 mense geëis en sowat 40, insluitend 20 polisiemanne, gewond.
Ghulam Mohammad Khan, 'n polisiewoordvoerder, het gesê reddingswerkers en polisiebeamptes grawe deur die puin by die polisiekantoor in die dorp van Lakki Marwat in die Khyber Pakhtunkhwa-provinsie.
Hy het gesê onder die oorledenes is sewe polisiebeamptes, vier kinders en drie volwassenes.
- AP