19 sterf in aanval op Turkse skip
2010-05-31 11:17
Gasa - Minstens 19 mense is dood nadat Israelse kommando’s ‘n hulp-konvooi wat na die Gasastrook onderweg was aangeval het, berig Sky News.
Volgens getuies het die geweld uitgebreek toe Israelse soldate aan boord ‘n Turkse skip geklim het wat die ses-skip vloot gelei het.
Hulle het begin skiet nadat passasiers hulle met byle en messe begin aanval het, het Israel se Channel 10 Television berig.
Onbevestigde berigte het ook gesê dat Raed Salah, ‘n senior Islamitiese leier van Israel, ernstig beseer is in die gevegte.
Israel blameer aktiviste aan boord die skepe vir die geweld en se dat hulle dit geïnisieer het.
Lees meer by Sky News
Volg Nuus24 op Twitter