17 sterf in brand in Mianmar
2011-12-29 12:16
Yangon – Minstens 17 mense is dood en 79 ander is in Yangon, Mianmar, beseer nadat ‘n brand by ‘n pakhuis na huise in die omgewing versprei het.
Volgens amptenare het die brand Donderdag voor sonsopkoms in ‘n pakhuis wat aan die regering behoort uitgebreek en vinnig na huise en geboue versprei.
‘n Amptenaar van ‘n hospitaal het gesê daar is minstens een brandbestryder dood in ‘n ontploffing wat by die pakhuis plaasgevind het terwyl brandbestryders die vlamme probeer blus het.
Die soektog na lyke duur voort.
Dit was nie onmiddellik bekend wat die brand veroorsaak het nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP