17 sterf, duisende ontwortel deur swaar reën in Venezuela
2010-12-01 01:00
Caracas – Sewentien mense is dood, lughawens is gesluit, paaie is versper en duisende huise is in die laaste paar dae Venezuela vernietig as gevolg van swaar reën, het amptenare Dinsdag gesê.
President Hugo Chavez is deur talle goewerneurs aangemoedig om ‘n noodtoestand te verklaar te midde vrese dat die dodetal kan toeneem as gevolg van die groot hoeveelheid mense wat reeds vermis word.
Volgens amptelike syfers is 56 000 mense deur die tropiese reën geraak en 11 000 huise is vernietig.
Die internasionale lughawe in Caracas het slegs teen ‘n stadige tempo gefunksioneer en die hoofpad wat daarheen lei was op verskeie dele met modder oorstroom.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP