17 Dood ná migranteboot omslaan

2012-02-06 18:55
Tweets Share Share line Print

Sabana De La Mar – Reddingswerkers langs die kus van die Dominikaanse Republiek het 17 lyke en 13 oorlewendes gevind nadat 'n oorvol boot met migrante amper twee dae gelede omgeslaan het, het beamptes gesê.

Die boot, wat 70 migrante vanaf die Dominikaanse Republiek na Puerto Rico vervoer het, het Saterdagoggend omgeslaan.

Reddingswerkers het gesê die kanse dat hulle nóg oorlewendes gaan vind, raak skraler. Die soektog na oorlewendes is laat Sondag afgelas nadat dit te donker geword het.

"Die see sal vanaf môre begin om die lyke terug te gee," het Jeffrey Pimentel, hoof van die brandweer by Sabana del Mar, sowat 150 km noordoos van Santo Domingo, gesê.

Luis Castro, intelligensie-direkteur van die Dominikaanse Vloot, het gesê die lyke van 12 mans en vyf vroue is gevind. 

Dertien mense is gered, met die kaptein van die boot wat aangehou word.

Volgens Castro sal reddingspogings Maandagoggend hervat word. Hy het gesê dit is moeilik vir enigeen om vir twee dae op see te oorleef.

Die oorlewendes het vertel dat tientalle mense in die water geval het toe die boot, bekend as "yola," omgeslaan het. Die passasiers het na enigiets gegryp wat dalk kon help om hulle bo die water te hou.

Die onwettige migrante is almal Dominikane, maar owerhede het gesê daar mag dalk 'n paar Kubane of Haïtiane ook op die boot gewees het.

Puerto Rico is 'n algemene bestemming vir Dominikaanse migrante.

– Volg Nuus24 op Twitter.


- AP

Lees meer oor: migrante  |  bootongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 1.6 Trendline 5-dr
2007
R 159,990.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2010
R 269,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.