16 sterf in modderstortings
2010-08-09 18:54
Freetown – Sestien mense is dood in modderstortings wat Maandag hul huise in Sierra Leone se hoofstad Freetown weggespoel het ná swaar reën die area getref het, het die polisie gesê.
Volgens getuies het die grondstortings rondom 04:00 plaasgevind en die huise, wat op die skuinste van ‘n heuwel gebou was, het op mekaar ineengestort nadat swaar reën Sondag geval het.
Volgens polisie-woordvoerder supt. Ibrahim Samura het “16 mense as gevolg van die grondstorting gesterf... Ons moet die area afbaken aangesien daar gevrees word dat ander huise ook inmekaar kan stort.”
Volgens ‘n verpleegster by die Connaught Hospitaal is nog vyf ander mense in ‘n kritieke toestand.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP