16 sterf in Pakistan-ontploffing
2010-01-30 20:39
Kaapstad – ‘n Selfmoordbomaanvaller het ten minste 16 ander mense doodgemaak by ‘n beheerpunt in ‘n mark in noordwes Pakistan.
Meer as 20 ander mense is beseer in die ontploffing in Khar, die hoofdorp in die Bajaur-distrik.
Daar word verneem dat die aanvaller op pad was na regeringsgeboue en millitêre barakke toe hy deur soldate voorgekeer is.
Die troepe was besig met ‘n visentering toe die aanvaller die bom gedetoneer het, het Iqbal Khattak, ‘n regeringsamptenaar, gesê.
Vir meer, klier hier
- BBC