14 in Iran gehang
2009-07-14 09:15
Tehran, Iran – Volgens plaaslike media is 14 lede van die Moslem rebelle-groep, Sunni Dinsdag gehang. Die lede word verantwoordelik gehou vir bomaanvalle en moorde in die Suid-Ooste van dié land.
Luidens berigte is die mans in die stad, Zahedan, sowat 1 500 km suid-oos van die hoofstad, Tehran, gehang.
Een van die 14 was Abdulhamid Rigi, die broer van Abdulmalik Rigi, die leier van die Jundallah of ‘Soldate vir God’, ‘n Sunni Moslem-groep. Daar word vermoed dat die Jundallah hegte bande met groepe, moontlik die Al-Qaeda terroristegroep, in naburige Afghanistan het.
Volgens radioberigte het Zahedan se staatsaanklaer, Mohammad Marzieh, gesê die mans is gehang vir die moord op hordes burgerlikes, polisiemanne en op aanklagtes van bomaanvalle in die omgewing.
- Sapa AP