14 eunugs sterf in brand in Indië
2011-11-20 22:00
Delhi – Minstens 14 eunugs is dood en 40 ander is beseer toe ‘n groot brand Sondag in ‘n gemeenskapsaal in die ooste van Delhi uitgebreek het, het die Press Trust of India en plaaslike media berig.
Die brand het omstreeks 07:00 uitgebreek toe meer as 100 lede van die transgender-gemeenskap saamgekom het vir ‘n gebedseremonie in die Indiese hoofstad, het PTI gesê.
Die brand het glo in die kombuis begin, voordat dit deur die gebou versprei en mense vasgekeer het soos hulle probeer ontsnap het.
Die voorval, wat glo deur ‘n kortsluiting veroorsaak is, het op die laaste dag van ‘n drie-dag fees plaasgevind.
Indië se regering het beveel dat die voorval dadelik ondersoek moet word, het die PTI gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP