13 lyke in verlate vragmotor gevind
2011-12-26 23:00
Mexiko stad – Die lyke van 13 mense is in 'n verlate vragmotor in die noordoostelike staat van Tamaulipas in Mexiko gevind, het plaaslike polisiebeamptes Maandag gesê.
Boodskappe wat verwys na die mededinging tussen kriminele bendes, is in die vragmotor gevind, het 'n amptenaar gesê.
Die voertuig sy registrasienommer was van die nabygeleë Veracruz-staat waar 10 lyke onlangs gevind is en 'n reeks aanvalle op openbare vervoer, ten minste 16 mense dood gelaat het.
Meer as 45 000 mense is die afgelope vyf jaar in Mexiko dood in voorvalle wat met georganiseerde misdaad verband hou.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA