125 in Filippyne ontvoer
2009-12-10 12:56
Manila - 'n Groep gewapende mans het 125 mense, meestal skoolkinders en onderwysers, in die suide van die Filippyne ontvoer in 'n poging om die polisie te keer om lasbriewe vir hul in hegtenisname uit te reik.
Lino Calingasan, hoof van die militêre polisie, het gesê sowat 25 gewapende mans het die gyselaars in San Martin sowat 870 km suid van Manila, ontvoer.
Ure later ná onderhandelings is 17 skoolkinders en 'n ander sieklike volwassene vrygelaat.
Maj. Randolph Cabangbang, 'n woordvoerder van die militêre polisie, het gesê die verdagtes is glo lede van 'n misdaadbende in die provinsie.
– Sapa-dpa