12 vas vir Britse terreur-komplot
2010-12-20 19:10
Londen – Twaalf mans is Maandag in Brittanje in hegtenis geneem nadat hulle verdink word van ‘n grootskaalse terrorisme-komplot, het die polisie gesê.
Die mans, wat tussen die ouderdomme van 17 en 28 is, is gearresteer op “verdenking van die uitkontrakteer, voorbereiding of aansporing van ‘n terrorisme-komplot in die VK,” het die polisie in Wes-Middellande gesê.
Hierdie is ‘n grootskaalse, vooraf beplande en intelligensie gedrewe veldtog waarin verskeie magte betrokke was,” het assistent-kommissaris John Yates gesê.
“Die operasie is in sy vroeë stadium so ons kan nie op hierdie stadium verdere besonderhede gee oor die oortredings nie. Nietemin glo ek dat dit op hierdie tyd noodsaaklik was om aksie te neem om die publiek se veiligheid te verseker.”
Vier van die mans was van Cardiff, vier van Stoke-on-Trent, noord van Birmingham, en drie van Londen.
Hulle is almal omstreeks 05:00 by of naby hul huise deur ongewapende beamptes in hegtenis geneem, behalwe een verdagte van Stoke wat by ‘n huis in Birmingham vasgetrek is.
Hulle word by polisiestasies in sentraal Londen, noordwes Engeland en die Wes-Middellande aangehou.
Volgens die polisie was soektogte by hul huise, die adres in Birmingham en een ander woning in Londen geloods.
Brittanje se huidige vlak van terreur-dreigemente is “ernstig”, die tweede hoogste op ‘n vyf-vlak graderingstelsel.
“Dit beteken dat ‘n terreur-aanval hoogs waarskynlik is,” het die ministerie vir binnelandse sake gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP