12 sterf in ongeluk met skoolbus
2010-02-02 05:44
Sao Paulo – Ten minste 12 mense is dood, insluitende ses kinders, nadat ‘n skoolbus en ‘n vragmotor Maandag op ‘n brug in die sentrale Brasiliaanse staat Goias gebots het, het Agencia Estado berig.
Die ongeluk het op die Rio Verdao brug naby Montividiu plaasgevind terwyl die bus die kinders skool toe geneem het.
Volgens polisie sluit dié wat is die ongeluk oorlede is ses kinders, drie tieners, beide bestuurders en ‘n vrou wat op die bus was in.
Nog twintig ander mense is in die ongeluk beseer en is gehospitaliseer.
- Sapa-AFP