12 beseer by Parys-jolkol
2010-07-12 03:56
Parys - Twaalf mense wat die Wêreldbeker-finaal tussen Nederland en Spanje op ‘n grootskerm in Parys gekyk het is Sondagaand lig beseer toe hulle met voorwerpe gegooi is, het die polisie gesê.
Mense buite ‘n afgebakende area by die Trocadero, oorkant die Eiffeltoring waar duisende mense die finaal gekyk het, het voorwerpe begin rondgooi.
Aanhangers buite die afgebakende gebied het vir onverklaarbare redes begin om diegene wat binne was met bottels, blikkies en rookbomme te gooi en groot paniek is veroorsaak.
Volgens die polisie is 12 mense lig beseer, maar niemand is in hegtenis geneem gedurende die 15-minuut voorval nie.
Nog gevegte het na die wedstryd uitgebreek.
Volg Nuus24 op Twitter