12 Dood, talle vermis ná veerboot sink
2010-05-27 19:10
Lima – Twaalf mense is dood nadat ‘n veerboot in die Amasone gesink het, maar beamptes waarsku die dodetal kan steeds styg.
Die boot, Camila, het meer as 140 passasiers vanaf Iquitos, noordwes vanaf Peru vervoer toe dit vroeg Woensdagoggend gesink het.
“Die dodetal het vanaf vyf na twaalf gestyg, maar baie mense word steeds vermis,” het Robert Falcon, hoof van die streek se verdedigingsmag gesê.
Ongeveer 30 mense word steeds vermis.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.