119 Russiese soldate pleeg in 2011 selfmoord
2011-10-13 18:58
Moskou – Meer as ‘n honderd soldate in die Russiese
weermag het sedert die begin van die jaar selfmoord gepleeg, het ‘n amptenaar
gesê.
Volgens die amptenaar het 119 soldate vanjaar
hul eie lewens geneem.
Geweld, veral tussen dienspligtiges en
offisiere, is ook 'n algemene verskynsel.
Sowat 86 soldate het vanjaar ernstige
beserings opgedoen weens geweld van dié aard.
Die meeste van die selfmoord-slagoffers was
dienspligtiges.
Daar was egter ook ‘n hele aantal soldate wat deel is van Rusland se
ministerie van noodgevalle wat hul eie lewe geneem het.
Fisieke en sielkundige mishandeling is al vir
dekades ‘n kenmerk van die Russiese weermag.
Dienspligtiges lei gewoonlik die meeste hieronder, met die hoër offisiersrange wat mag misbruik.
Offisiere word baie selde gestraf, selfs as ‘n
saak openbare verontwaardiging uitlok.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP