11 sterf in veerboot-ongeluk in China

2011-09-10 11:25
Tweets Share Share line Print

Beijing – Minstens elf mense, insluitende nege skoolkinders, is dood toe ‘n oorlaaide veerboot in ‘n rivier in die suide van Chine omgeslaan het, het berigte Saterdag gesê.

Volgens plaaslike amptenare was 45 mense, insluitende twee bemanningslede, aan boord toe die boot in ‘n kabel vasgehaak en omgekeer het, het CCTV berig.

Die Beijing News het getuies aangehaal wat gesê het daar was 92 skoolkinders op die veerboot en een blogger beweer dat daar meer as 63 lyke in die rivier was ná die voorval wat Vrydagmiddag plaasgevind het.

Volgens beamptes blyk dit of die boot oor ‘n kabel gevaar het wat gevolglik om ‘n propeller vasgedraai het.

Die ongeluk het op ‘n rivier in Shaoyang in die suidelike Hunan provinsie plaasgevind.

Drie mense was glo vermis, terwyl 16 beseer is en 13 het sonder beserings weggekom.

“Verskeie getuies het vertel dat 92 skoolkinders ten tyde van die ongeluk op die boot was,” het die Beijing News berig.

Volgens die berig het mense reeds begin om die slagoffers se lyke skoon te maak en papiergeld te brand – ‘n algemene offer wat gemaak word aan dooie mense in China.

“Dit was so vol ons kon nie lekker asemhaal nie,” het een oorlewende aan die koerant gesê. Sy het bygevoeg dat sy ‘n half verbleikte waarskuwing op die boot gesien het wat sê dit is slegs gelisensieer om 32 passasiers te vervoer.

Die Xinhua-nuusagentskap het berig dat die twee eienaars van die boot in hegtenis geneem is.

Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: china  |  bootongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.