11 Kinders sterf toe bom onder voertuig ontplof
2011-09-27 16:57
Herat, Afganistan – Sestien mense, insluitende 11 kinders, is Dinsdag dood toe ‘n bom onder ‘n minibus ontplof het wat mense van ‘n verlowingspartytjie in die Heart-provinsie vervoer het, het ‘n regeringsamptenaar gesê.
Vier volwasse vroue en die bestuurder is ook in die ontploffing dood, het Abdul Raoof Ahmadi, ‘n woordvoerder vir die provinsiale goewerneur, gesê.
Nog vier mense is beseer, het die provinsiale polisiehoof se kantoor in ‘n verklaring gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters