11 Beseer ná struktuur van casino meegee
2012-01-27 21:08
Fotogalery - Rio: Talle vermis ná gebou ineenstort
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Amerika – Elf mense het ligte beserings opgedoen nadat die bouperseel van 'n Amerikaanse casino ineengestort het, het owerhede Vrydag gesê.
Jessie Folmar, woordvoerder vir die konstruksiemaatskappy Messer Construction Co., het gesê die oorsaak van die ineenstorting word tans ondersoek.
Volgens luit. Maurice Robinson is die beseerdes na hospitale geneem vir behandeling.
Daar was aanvanklik berig dat 13 mense in die ongeluk beseer is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP