109 kinders sterf, duisende geraak deur kindersiekte
2011-09-26 17:54
Hanoi – ‘n Uitbraak van hand-voet-mond-siekte het talle kleuterskole geraak en 109 kinders dood en meer as 52 000 besmet gelaat in die afgelope jaar, het ‘n Viëtnamese amptenaar en die media gesê.
Tien kleuterskole in die suidelike Hau Giang-provinsie is vir 10 dae gesluit om die skole te ontsmet en die kinders se gesondheid te ondersoek, het Nguyen Van Muoi gesê.
Vier skole kon verlede weer reeds heropen.
Nguyen is die hoof van die provinsie se sentrum vir voorkomende medikasie.
Hy het Maandag gesê die provinsie het sedert Junie reeds 361 gevalle aangemeld en sowat 50 kinders is steeds in die hospitaal.
Volgens die departement van gesondheid word meer as 2 000 nuwe gevalle van die algemene kindersiekte elke week in die land aangemeld.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP