106 Joernaliste in 2011 vermoor
2011-12-19 17:47
Geneva – Minstens 106 joernaliste is in 2011 vermoor, het die Press Emblem-veldtog Maandag gesê.
Meer as 100 van die joernaliste is aangeval, geïntimideer, gearresteer en gewond in lande soos Egipte, Libië, Sirië en Tunisië.
Meksiko en Pakistan tel onder die mees gevaarlikste lande om in te werk.
Altesaam 12 joernaliste is in Mexiko oorlede en 11 in Pakistan.
Sewe joernaliste is vroeër vanjaar tydens die konflik met die Libiese leier Muammar Gaddafi oorlede.
Ander joernaliste is per ongeluk tydens betogings, gevegte, selfmoordbomaanvalle of in mynontploffings oorlede.
Daar is nog baie sake wêreldwyd waar die oorsaak wat tot joernaliste se dood gelei het, nog nie bekend is nie.
Altesaam 105 joernaliste is in 2010 oorlede.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP