10-jarige meisie oorleef vliegongeluk
2011-01-08 11:29
Caracas (Venezuela) - ‘n 10-jarige meisie het ‘n vliegongeluk in die weste van Venezuela, waarin minstens vyf ander mense dood is, oorleef.
Die vyf mense wat dood is, is klaarblyklik familielede van haar.
Amilcar Mendes, direkteur van burgerlike beskerming in die gebied, het gesê die klein PN68-vliegtuig het op die grens van ‘n plaas in die Lima Blanco-munisipaliteit neergestort.
Volgens Mendes is twee mans en drie vroue wat aan boord was dood.
Die meisie het geen beserings opgedoen nie. Die ses mense is blykbaar almal van dieselfde familie.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP