10 beseer in supermark-ontploffing
2011-02-08 23:00
Diyarbakir - ‘n Ontploffing wat vermoedelik aan ‘n gaslek gekoppel kan word, het Dinsdag deur ‘n supermark in Diyarbakir, Turkye, geskeur en minstens 10 mense beseer gelaat, het beamptes gesê.
Die ontploffing is blykbaar as gevolg van ‘n lek by ‘n stoortenk van ‘n vulstasie wat langs die supermark geleë is, het Goewerneur Mustafa Toprak gesê.
Hy het gesê dit was nié ‘n bomaanval nie.
“Daar is geen aanduiding dat dit ‘n terroriste-aanval was nie. Voorlopige bevindinge dui daarop dat die ontploffing aan gaskompressie verbonde kan wees.”
Die vulstasie het die lek kort vóór die ontploffing opgemerk en die kleppe toegemaak, maar kon nie die ongeluk voorkom nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP