1 Sterf, 6 beseer toe sapwa ontplof
2009-12-03 16:09
Bagdad – Een mens is dood en ses gewond ná ‘n bom by ‘n mark langs die pad in noordelike Bagad ontplof het, het ‘n sekuriteitsbeampte in Irak gesê.
Volgens die beampte was die bom in ‘n sapwaentjie versteek toe dit Donderdagoggend in die Sunni-woonbuurt van Azamiyah ontplof het.
Die beampte reken die ontploffing het burgers geteiken wat by die mark gestop het om sap en ander items te koop.
Hy wou nie sy naam bekend maak nie omdat hy nie toestemming gehad het om die inligting vry te stel nie.
Dié aanval het gebeur na een van die kalmste tydperke in Irak sedert die 2003 inval deur Amerika.
Volgens amptenare het November die minste burgerlike sterftes in die oorlog gehad.
Sapa-AP