'1 000 potensiële terroriste in Duitsland'

2011-09-05 14:31
Tweets Share Share line Print

Berlyn – Daar woon nagenoeg 1 000 potensiële Islamitiese terroriste in Duitsland, waarvan 128 in staat is om aanvalle uit te voer, het die binnelandse minister, Hans-Peter Friedrich gesê.

“Ons het amper 1 000 mense wat as moontlike Islamitiese terroriste beskryf kan word,” het hy aan die Bild-koerant gesê en bygevoeg 128 van dié mense word as “gevaarlik” en in staat daartoe om aanvalle uit te voer, beskou.

Friedrich het gesê nagenoeg 20 van die potensiële terroriste het opleidingskampe wat met terreurgroepe verbind word bygewoon en dat hierdie individue deur die land se veiligheidsdienste dopgehou word.

Hy het bygevoeg dat hy nie dink ‘n herhaling van ‘n terreuraanval op dieselfde skaal as dié op 11 September 2001 in New York is moontlik nie.

“Ons maak van ‘n wye verskeidenheid moderne sekerheidsmetodes gebruik en ondersoek tans die hart van die ekstremistiese netwerke,” het Friedrich gesê.

Volgens hom het die Al-Kaïda-netwerk, wat vir die New York-aanvalle verantwoordelik was, ‘n knou gekry met die dood van sy leier, Osama bin Laden, maar is die organisasie steeds ‘n bedreiging.

Friedrich meen egter die grootste gevaar is individue wat op hul eie werk omdat hulle moeiliker is om te identifiseer en vas te trek.

Die minster het verlede week na die opening van die verhoor van die 21-jarige man van Kosovo gepraat, wat beweer hy het alleen onder die invloed van Islamitiese propaganda gewerk toe hy twee Amerikaanse soldate vermoor het.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB250 Dc LE LWB Dsl
2004
R 125,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2006
R 129,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 274,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.