Zuraida Jardine skenk geboorte aan babaseun
2011-02-24 10:52
Kaapstad - Zuraida Jardine, die gewilde aanbieder van SABC3 se Life's a Journey, het Dinsdag op haar Facebook-blad geskryf sy kan nie kan wag om haar babaseun te ontmoet nie.
Sarie berig Jardine het Woensdag op haar Twitterblad geskryf: "Dankie vir al die wonderlike boodskappe. Ons seun, Shia Lindberg, is gebore en hy is gesond en lieflik. Ek en Joshua [Lindberg] is baie verlief!"
Dit is die paartjie se tweede baba. Hul dogter, Zaria, is byna twee en is in Amerika gebore terwyl hulle daar gewoon het.
Jardine het onder meer al Big Brother en Top Billing aangebied, en het haar eie programme op radiostasies soos Good Hope FM en 5FM. Sy was ook die wenner van die eerste reeks van Suid-Afrika se Strictly Come Dancing.
Haar man, Joshua, doen vervaardiging vir Televisie, teater en multimedia.
- Vir meer inligting besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.