Zsa Zsa terug hospitaal toe ná heupoperasie
2010-08-14 05:56
Los Angeles – Zsa Zsa Gabor is blykbaar terug hospitaal toe weens komplikasies na ‘n onlangse heupoperasie.
Haar reklame-agent, John Blanchette, het berig dat ‘n ambulans Vrydag by Gabor se huis aangekom het om haar na die hospitaal te neem.
Die 93-jarige aktrise het op 17 Julie haar heup gebreek.
Sy is vroeër hierdie week huistoe gestuur nadat sy by die UCLA Ronald Reagan Medical Center aangesterk het.
- SAPA