Zietsman eis duisende oor 'Tonge Los'

2012-02-07 07:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die aktrise, kabaretster en sjef Elzabé Zietsman het ’n eis van R250 000 weens beweerde laster teen kyk­NET, die vervaardiger van die skinderprogram Tonge Los, en al drie aanbieders daarvan ingestel.

Die vervaardiger is Christo Gerlach van Red Line Pictures.

’n Dagvaarding, waarin Zietsman onder meer beweer die indruk is in Tonge Los gewek dat haar seksuele voorkeure “wisselvallig van aard is”, is reeds uitgereik.

Die rolprentvervaardiger FC Hamman en sy vrou, Annie, dagvaar Gerlach en kykNET ook vir R2miljoen weens ’n “valse bewering” op Tonge Los dat mev. Hamman ’n pornografiese webwerf bedryf.

Zietsman se suster, Martie Schoeman van Mosambiek, eis R100 000 van dieselfde partye as Zietsman, ook weens beweerde laster en die skending van haar privaatheid.

Die program waaroor die eis gaan, is op 12 Februarie verlede jaar uitgesaai.

Luidens die dagvaarding het die drie aanbieders – Loui Fish, Eagan Williamson en Gavin Prins – gesê Zietsman sou as surrogaatma vir haar suster optree, maar dat hulle ’n uitval gehad het “omdat Zietsman se leefstyl nie goed genoeg was om Schoeman se kind te dra nie”.

Die aanbieders het onder meer ook gesê die akteur Arnold Vosloo was 20 jaar gelede “die groot liefde” in Zietsman se lewe, dat sy nooit daaroor gekom het nie en dat Zietsman geen ander liefde kon vind nie, lui die dagvaarding.

“’n Mens hoor nooit dat sy ’n boy­friend of ’n girlfriend het nie,” is glo onder meer op Tonge Los gesê.

Luidens die dagvaarding het Zietsman en Schoeman se reputasies skade gely en is hulle in hul eer gekrenk.

Zietsman eis R250 000 omdat die program volgens haar suggereer dat sy ’n swak leefstyl volg wat haar onbevoeg maak om kinders te dra, dat daar familietwis tussen haar en haar suster is en dat haar seksuele voorkeure wisselvallig van aard is.

Schoeman eis R100 000 weens die beweerde aantasting van haar reputasie en weens eerkrenking.

Zietsman sou nooit vir haar ’n surrogaatma wees nie, maar wel vir haar dogter.

“Die uitsending het my geweldige kwaad aangedoen,” het Zietsman Maandag gesê. Sy wou nie verder reageer nie.

Gerlach het alle navrae na sy prokureur, Willem de Klerk, verwys.

De Klerk, wat vir Gerlach, Fish, Williamson en Prins verskyn, het gesê hy vind dit vreemd dat die saak nou weer herleef nadat hy al ’n jaar gelede teen die dagvaarding eksepsie gemaak het en intussen nog niks gehoor het nie.

“Ons beveg die eis.”

Die uitsending van Tonge Los is intussen gestaak.

– Volg Nuus24 op Twitter


- Die Burger

Lees meer oor: elzabé zietsman  |  kyknet  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
53 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Condor 3000D 4x4 TX MPV Dsl MY03
2003
R 144,990.00

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 105,000.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.