Zapiro se poppe dans op TV
2010-03-01 12:49
Kaapstad – Die spotprentkunstenaar Zapiro se satiriese poppespel ZA News word Dinsdagaand vir die eerste keer op TV uitgesaai nadat dit twee jaar terug deur die SAUK verwerp is weens finansies en 'sensitiwiteit van kykers'.
ZA News, wat sedert verlede Oktober op die internet beskikbaar is, sal snags op DStv net voor die 10uur nuus uitgesaai word en ‘n herhaling sal elke oggend net voor 8uur op DStv se Summit-kanaal 412 wys.
Volgens Vernon Matzopoulos van Summit sal ZA News, waarin lewensgrootte poppe van politieke en bekende mense die sterre van die program is, deur die kanaal se “gesofistikeerde gehoor” geniet word.
“Soos alle goeie satire laat dit jou dinge bevraagteken en as jy na onlangse hoofopskrifte kyk, is daar baie vrae daar buite,” het hy gesê.
Lees meer by tonight.co.za