Xzibit kom Suid-Afrika toe
2012-10-11 18:03
Kaapstad – Alvin Nathaniel Joiner, beter bekend as Xzibit, gaan in Johannesburg vir een aand optree.
Die Amerikaanse kletsrymer, akteur en TV-aanbieder gaan tydens die eerste week in Desember 2012 sy ondersteuners vir een aand in Johannesburg vermaak.
Dit is nog nie bekend waar die konsert gehou gaan word of op watter dag nie.
Kaartjiepryse sal wissel tussen R250 en R750.
Voor Xzibit naam gemaak het op die televisiereeks Pimp My Ride was hy ‘n bekende kletsrymer.
Sy nuutste album, Napalm, is 9 Oktober vrygestel.
Hy het ook al saam met verskeie hoë-profiel sangers gewerk soos Eminem, Cypress Hill, Snoop Dogg, Ice Cube, Dr Dre, Timbaland, Alice Cooper, The Game en 50 Cent.
– Volg Nuus24 op Twitter