X-Factor vir nog ‘n seisoen hernu
2011-11-03 20:52
Los Angeles – Die Amerikaanse weergawe van die realiteitsreeks X-Factor is vir nog ‘n seisoen hernu.
Fox se besluit om die musikale televisieprogram met die beoordelaars Simon Cowell, L.A. Reid, Nicole Scherzinger en Paula Abdul te hernu kom ná die program se aanvanklike sukses.
Volgens Cowell is hy in sy skik met hoe die program ontwikkel het.
Mike Darnell, president van Fox, sê hy is veral tevrede met die 13,5 miljoen kykers wat hulle met elke episode gehad het.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.