X-Factor-deelnemer nou op Nickelodeon te sien
2012-02-23 11:00
Los Angeles – Die skattige X-factor-finalis Rachel Crow sal eersdaags op haar eie program op Nickelodeon te sien wees.
Ná maande van spekulasie dat Crow en Disney vergader, is dié nuus uiteindelik bevestig.
Rachel, wat later vanjaar met haar debuutalbum begin, het ook 'n platekontrak met Columbia Records en Simon Cowell se platemaatskappy SYCO losgeslaan.
"Dit is wonderlik. Ek sou nooit kon dink dat ek nou dit gaan doen nie," het sy aan The Hollywood Reporter gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter