X Factor-afdankings nié Cowell se skuld
2012-02-10 07:04
Los Angeles – Die musiekmagnaat Simon Cowell het gesê dit was nie sy besluit om Paula Abdul as een van die beoordelaars van die Amerikaanse program X-Factor in die pad te steek nie.
Hy het ook gesê hy is verlig dat sy dié nuus goed hanteer het.
Nicole Scherzinger, wat ook een van die beoordelaars was, en Steve Jones, aanbieder van die program, het ook die trekpas gekry.
Dit is net L.A Reid wat in dié stadium steeds 'n beoordelaar is saam met die 52-jarige Cowell.
Volgens Cowell het hy Reid as 'n beoordelaar gehou omdat daar niemand anders is wat sy werk beter kan doen nie.
Bewerings doen nou die ronde dat Cowell die sangsensasie Beyoncé Knowles soveel as $500 miljoen aangebied het om ‘n beoordelaar op die program te wees.
Cowell het dié gerugte ontken.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.