Woyzeck by Baxter te sien
2010-08-18 03:35
Kaapstad – Die vervaardigers van die bekroonde teaterstuk, Karoo Moose en die akteur, Rob Van Vuuren het kragte saamgespan en Woyzeck die lig laat sien wat op 26 en 11 September by die Baxter Teater opgevoer gaan word.
Hierdie weergawe van die klassieke vertoning, geskryf deur die Duitser, Georg Büchner in 1834, is deur Lara Foot verwerk en speel af in ‘n kontemporêre Afrika landskap.
Met amper 20 toekennings, het Lara reeds meer as 40 produksies vervaardig waarvan 29 nuwe Suid-Afrikaanse vertonings was.
Van die kontemporêre klassieke produksies sluit in Equus en Amadeus, Hello and Goodbye, The Crucible en End Game.
Woyzeck word nie vir kinders onder 16 aanbeveel nie.
- Vir meer inligting besoek die Baxter Teater.