Woody Allen se nuwe film by Cannes-filmfees
2011-02-02 22:00
Parys – Woody Allen se mees onlangse film, waarin die Franse presidentsvrou, Carla Bruni-Sarkozy te sien is, sal in Mei by die Cannes-filmfees open.
Midnight in Paris is verlede jaar in Parys geskiet.
Owen Wilson, Marion Cotillard, Kathy Bates en Adrien Brody speel ook in dié romantiese komedie.
“Midnight in Paris is ‘n liefdesbrief aan Parys,” het Thierry Fremaux, die direkteur van die filmfees, gesê.
“In die film ondersoek Woody Allen met groter diepte van dieselfde temas as in sy laaste film: ons verhouding met geskiedenis, kuns, plesier en die lewe,” het Fremaux in ‘n verklaring gesê.
Die Cannes filmfees begin die 11de Mei.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA