Woods het glo geheime liefdeskind
2010-06-15 10:21
Kaapstad – ‘n Televisie-dokumentêr gaan na verwagting die Tiger Woods-skandaal weer in die kollig sit met bewerings dat die gholf-ster ‘n geheime liefdeskind gehad het.
Woods, wat twee kinders by sy vervreemde vrou Elin Nordegren het, het besonderhede van die baba weggesteek met die hulp van ‘n joernalis, beweer die dokumentêr.
Neal Boulton, een van die talle wat ‘n onderhoud gedoen het vir Tiger Woods: The Rise and Fall, het gesê hy weet van iemand wat bewyse, insluitende DNS, van die kind se bestaan het.
“Daar is nog baie wat moet uitkom. Tiger sal uiteindelik erken dat hy ‘n kind gehad het,” het hy gesê.
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter