Winnie Mandela wil regisseur dagvaar
2010-01-27 04:02
Johannesburg - Winnie Madikizela-Mandela het gedreig om regstappe teen die regisseur Darell Roodt te neem nadat sy gehoor het van planne om ‘n film oor haar lewe te maak.
“Madikizela-Mandela is baie bekommerd oor hierdie planne en is glo nooit genader vir goedkeuring van die rolprent nie,” lees ‘n brief van haar regsverteenwoordigers, Bowman Gilfillan.
Volgens haar regsverteenwoordigers is dit moeilik om te verstaan hoe ‘n produksie wat die naam van ‘n persoon dra wat nie eers daaroor genader is nie, die volle verhaal van dié persoon se lewe kan vertel.
Verfilming van die rolprent, met die titel Winnie, sal glo in Mei vanjaar begin. Dit is op ‘n biografie van Madikizela-Mandela deur Anna-Marie du Preez Bezdrob gebaseer. Die rol van Madikizela-Mandela sal glo deur die sangeres en aktrise Jennifer Hudson vertolk word.
- News24