Winehouse se uitrusting vir R500 k verkoop
2011-11-30 10:09
Londen – Die uitrusting wat die ontslape sangeres Amy Winehouse op die omslag van haar Grammy-bekroonde album Back to Black se CD aangehad het, is Dinsdag vir R562 000 tydens ‘n veiling in Londen verkoop, het ‘n afslaer gesê.
Die geld van die sjiffon-uitrusting, wat deur Disaya, ‘n jong mode-ontwerper van Thailand, gemaak is, sal aan die Amy Winehouse-stigting geskenk word, wat ná die sangeres se dood deur haar familie gestig is om hulp aan jong verslaafdes te verleen.
Winehouse is op 27 Julie by haar huis in Londen dood gevind.
Ongeveer 3,2 miljoen kopieë van Winehouse se Back to Black-album is reeds verkoop.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP