Willis salueer troepe
2010-11-12 12:35
New York - Bruce Willis, bekend vir sy rolle in meestal aksieflieks, glo die régte sterre is lede van die weermag en militêre veterane.
Die akteur het Donderdag, op Veterane-dag, ‘n partytjie gehou vir honderde veterane aan boord van die USS Intrepid, ‘n Amerikaanse vlootskip wat in New York in ‘n museum omskep is.
Willis sê om veterane te ondersteun gaan nie oor politiek nie, maar oor Vryheid. Hy wil die mans en vroue wat hul lewens vir Amerikaners opgeoffer het, eer.
Hy sê daar is “geen land” soos Amerika nie en wanneer hy deur die wêreld reis, is dit altyd vir hom lekker om “huis toe te kom”.
- Sapa - AP