Willis kan miljoene uithaal
2009-08-20 11:45
Los Angeles - Bruce Willis beplan om ‘n multi-miljoen doller woonstel te koop.
Willis en sy modelvrou, Emma Heming, het na Los Angeles se eksklusiewe Carlyle Residences gaan kyk.
Dit ‘s ‘n 24-verdieping gebou met eiendomme wat tussen $2,9 miljoen (R23 miljoen) en $15 miljoen (R120 miljoen) geprys word.
Die paartjie het blykbaar na ‘n woonstel met drie slaapkamers, vier badkamers, ‘n eetkamer, wyn kelder, gimnasium en biblioteek gekyk.
Die woonstel word geprys op ongeveer $5,1 miljoen (R40,7 miljoen).
Na die twee die woonstel besigtig het, het hulle Las Vegas toe gereis vir sy dogter Rumer se 21ste verjaarsdag.
Die partytjie by Tao restaurant en nagklub is die volgende dag gevolg deur ‘n ete by Koi restaurant by Willis se eie Planet Hollywood oord en kasino.
Ruwer het gesê dat sy nog nie geskenke gekry het nie, maar dat haar pa verantwoordelik is vir haar beste en slegste geskenke van vorige jare.
“Ek wou nog altyd ‘n hond gehad het. My pa het een dag huis toe gekom en het iets gehad wat in ‘n handdoek toegedraai was. Hy het dit net vasgehou en ons het vir maklik 10 minute in die kombuis gepraat en toe sê hy net ‘O hier, kan jy dit vir my vashou?’ En dit was ‘n hond. Dit was seker die beste geskenk.”
- BangShowbiz